U weg
Heer maak U weg dan ook my weg
        in die lewe hier benee
Want daar is geen ander omweg
        wat God’s kind hier mag betree
Al is die pad ook swaar en steil
        as Hy lei is dit my heil
Heer maak U weg dan ook my weg
        elke tree
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 25 Augustus 1971